Mnr. SA-finalis se hart is warm vir sy medemens
Johan Beukes is ’n dominee, motiveringspreker en is onlangs aangewys as een van die 50 semi-finaliste in die Mnr. Suid-Afrika 2010-kompetisie. Hy werk tans as nuwegenerasieleier by die Mosaïek-gemeente in Fairland, Johannesburg, nadat hy hom as ’n tokkelok aan die NG Kerk se kweekskool bekwaam het.
“Dis ongelooflik hoe die kompetisie vir my deure oopmaak en nuwe uitdagings in my lewe teweegbring,” sê hy.
Bouwerk aan ’n verdere 14 kamers om meer inwoners te akkommodeer, is tans aan die gang. Die finaliste wil ook bewustheid kweek en mense uitdaag om betrokke te raak – hetsy deur dienslewering of geldelike bydraes.
“Ons almal is seker in ’n mate gestrem, want ons is almal gebroke – of dit nou fisiek, emosioneel of verstandelik is,” sê hy. “Dis net makliker om dit raak te sien as dit aan die buitekant sigbaar is. En dit is dié van ons wat as ‘normaal’ beskou word se voorreg om diegene wat nie so bevoorreg is nie by te staan. Ons voel soms ons kan nie meer van onsself gee nie, maar uiteindelik ontvang jy soveel deur betrokke te raak.
“Ek het altyd gedink ek ken onvoorwaardelike liefde, maar ek moes eers by Ons Huis betrokke raak om dit waarlik te kan ervaar. Vir die mense van Ons Huis is jou naam en titel nie belangrik nie. Hulle gee hul liefde en van hulself sonder om vrae te vra oor wie en wat jy is.”
Hy het “vir die lekkerte” besluit om aan Mnr. SA deel te neem. “Die groot trekpleister vir my was die geleentheid om ’n groter invloed op die mense in my omgewing, leiers en die jeug te hê. In die proses het ek wonderlike mense leer ken.”
Deelnemers word beoordeel op grond van hul kreatiewe bemarking en projekbestuur van Ons Huis. “Ons Huis het ook ’n filosofie van gee, omdat ’n tiende van alle inkomste weer onder ander behoeftige organisasies versprei word.“As mens die tehuis eers besoek het, sal jy besef wat jy eintlik in die lewe het. Ons dink soms dit gaan swaar met ons. Maar elke R10-donasie is vir hulle ’n uitkoms.
Sy boodskap is positief en reguit. “Hou op om te kla, kerm en blameer. Begin by jouself en kyk wat jy kan doen om jou, ander mense en ons land se omstandighede te verander. Verskuif jou fokus. Daar is ’n groot groep mense, veral jong mense, wat ’n verskil wil maak. Ek daag hulle uit om betrokke te raak.”
Lesers wat graag ’n donasie wil gee, kan dit in die volgende rekening deponeer: Naam: Ons Huis Trust; bank: Absa; tjekrekeningnommer: 405?4399?011; tak: Moreletapark; takkode: 336 445; verwysing: JB.
Gesels gerus met Johan op sy blog by www.mrsa.co.za/2010/.
Klik hier om die res van die storie te lees...
Klik hier om uit te vind oor hierdie en ander Rapport nuusbrief/we, of verwys-'n-vriend.
Margaret made a comment about your link:
ReplyDelete"Bly die response is so goed, jy verdien dit! Sterkte met die res! M"
Alani made a comment about your link:
ReplyDelete"Baie, baie geluk Johan!! Baie bly dinge gaan soooo goed daar by julle!!"
Liza-Marie made a comment about your link:
ReplyDelete"Love jou blog, priester!"
FACEBOOK COMMENTS:
ReplyDeleteEdna Coetser Geluk, ons sal jou dop hou
Howard Sampear Sterkte!
Labuscagne Wat??????
Flip Van Der Merwe well done, sterkte my maat hou vir jou duime vas
Zander Van Der Westhuizen geluk bro! jy kan dit doen!
Estherine Hamman Cool...geluk Johan..ENJOY!!
Bianca Parau Baie geluk!
Maretha Labuschagne Baie geluk!!!
Gretha Beyers By the way..... dis moerse Johan!!!!!!!!!!!!!!
Elza Jamneck Ek hou styf duimvas vir jou...miskien nooi 'n mnr SA my nog eendag vir koffie...of dalk kom hy sy belofte na...haha...sterkte dit is nice!
Mathea Wolfaardt Well done!!! Dis great nuus!
Tarien Joubert Wow Mnr. Dominee! Nou kan ek ook se ek ken 'n famous model!!
Walrich Grundling Hemel, congrats johan! Hoop dt gan nog gud!
Marlene Kuit Geluk, sterkte en hou ons op hoogte...
Mireille Le Roux Geluk Johan...hou ons op hoogte hoor! Groete vir vroulief! Ek verlang na al die bambergers en kleinbrak!
Sandra Marx Baie geluk man, die meisie saam met wie ek werk, werk saam met Clayton wat ook aan Mr SA deelneem
Nicola Horn Baie geluk!! Trots op jou. xx