NEW!!! AuthenticLiving Products @ http://authenticlivingproducts.blogspot.com/

Wednesday, September 23, 2009

Johan Beukes Afrikaans Biografie

JOHAN BEUKES


“I have often thought that the best way to define a man’s character would be to seek out the particular mental or moral attitude in which, when it came upon him, be felt himself deeply and intensively active and alive. At such moments, there is a voice inside which speaks and says, ‘This is the real me.’” – William James

Hy matrikuleer in 1996 te Bloemfontein Sentraal. Na matriek begin hy Teologie by die Universiteit van die Vrystaat studeer. Gedurende sy studentejare neem hy ‘n jaar af om modelwerk te doen. Hierdie geleentheid maak deure oop en bevorder sy modelwerk na internasionale vlak onder andere Europa, Barcelona en word uitgenooi na ‘n Ford in New York. In Suid-Afrika was hy ‘n gunsteling by die welbekende modelagentskap Storm.

Na ‘n opwindende jaar van groot geleenthede en lekker rondrits, handel Johan sy MDiv graad in Teologie af by KOVSIES. Hy studeer verder en verwerf Honneurs in Bedryfsielkunde en word geakkrediteer as ‘n Psigometris by die Health Professions Council of South Africa (HPCSA). Daarna voltooi hy sy M-Phil by die Universiteit van Johannesburg (UJ) in Persoonlike en Professionele Leierskap. Die Potchefstroomse VIP Coaching Instituut akkrediteer hom as ‘n gekwalifiseerde Life & Business Coach.

Johan is tans besig met sy doktorsgraad in Opvoedkundige Sielkunde met die tema: Fasilitering van bewussyn in die keuse van `n lewensmaat. Hy is ook die leier van die Mosaiek Nuwe Generasie waarmee hy betrokke is met die ontwikkeling van Nuwe Generasie Leiers en ook versoeningsfasilitering by universiteite. Verder is hy betrokke by die Suid-Afrikaanse Leiersberaad en het onder andere al vir verskeie tydskrifte soos Passi, Vrouekeur, Manna en Weigh Less geskryf. Hy is ook `n skrywer vir die webwerf www.ekerk.co.za. By die universiteit van Johannesburg is hy betrokke (help met ontwikkeling en aanbieding van modules) by `n meestersgraad in Leierskap. In 2010 is Johan ook aangewys as `n semi-finalis in die immergewilde Mnr Suid-Afrika kompetisie.

Onderwerpe waaroor hy graag gesels:
Leierskap (Persoonlik/Interpersoonlik/Professioneel/Geestelik/Fisieke en Emosionele Leierskap)
Hoe ervaar ek sinvolheid in die lewe?
Nuwe Generasie
Bewussyn in belangrike keuses
Outentiekheid – Om die ware self te ontdek
Beroep vs Roeping
Myers-Briggs Type Indicator (MBTI Step 1 & 2 – toetse) geakkrediteer
Verhoudings (Voor-huwelik/tydens huwelik)
Potensiaalontwikkeling
Bersoepsafrigting (Career Coaching)



Hy was/is te sien;
Mosaïek
Damesoggende
Studentegeleenthede
Spanafrigtingswerkswinkels (Team Coaching)
Fasilitering
Motiveringsintervensies
Persoonlike/Interpersoonlike Leierskapsontwikklingswerkswinkels
Professionele Leierskapsontwikklingswerkswinkels

Nie net is Johan avontuurlustig (en sportief) waar hy die buite lewe geniet nie, hy hou van ‘n goeie boek en geniet dit om in winkelsentrums te ontspan saam met sy vrou Huibreth.


“‘The leader teaches more through Being than through doing. The quality of one’s silence conveys more than long speeches.” – John Heider



No comments:

Post a Comment